Namibië het ’n wye verskeidenheid tale van verskeie taalfamilies: Germaanse, Bantoe- en verskeie Khoisantaalfamilies. Toe Namibië as Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse beheer was, was Afrikaans, Duits en Engels die amptelike tale. Ná Namibië se onafhanklikwording in 1990 het Engels kragtens die grondwet die enigste amptelike taal geword. Duits en Afrikaans is deur baie as oorblyfsels van kolonialisme beskou.
Taalverspreiding
Die tale wat in die meeste huise in Namibië gepraat word, is Oshiwambo-dialekte, deur 49% van die bevolking, Damara (11%), Afrikaans (10%), Kawango (9%) en Herero (9%). Ander inheemse tale sluit in die Bantoetale Tswana, Gciriku, Fwe, Kuhane, Mbukushu en Yeyi; en die Khoisantale Naro, ǃXóõ, Kung-Ekoka en ǂKxʼauǁʼein. Engels, die amptelike taal, word deur 3% van die bevolking as moedertaal gepraat. Sowat 60% van die wit bevolking praat Afrikaans, 32% Duits, 7% Engels en 1% Portugees.
Inheemse tale word op laerskoolvlak in ingesluit. In staatskole is Engels die onderrigtaal. Afrikaans is die enigste taal wat na aan ’n lingua franca kom en word deur die meeste swart mense gepraat tesame met Engels en hul moedertaal.
Taalgroep | Taal/Tale | ISO-kode | Moedertaalsprekers (in Namibië) | Huishoudings met hooftaal | Verspreiding as 'n moedertaal (2011) | Status |
---|---|---|---|---|---|---|
Niger-Kongo-tale (Bantoetale) | ||||||
Oshiwambo | Oshikwanyama (insluitende Oshimbalanhu) | kua (lnb) | 1 035 373 (49%) | 227 103 (48,9%) | Nasionale taal | |
Oshindonga (insluitende Oshikwambi) | ndo (kwm) | Nasionale taal | ||||
Otjiherero | Herero (insluitende Otjihimba) | her (dhm) | ~150 000–200 000 | 40 000 (8,6%) | Nasionale taal | |
Lozi | Lozi (insluitende Cisubiya Chifwe Shiyeyi Chitotela) | loz (sbs) (fwe) (yey) | >100 000 | 22 484 (4,8%) | Nasionale taal | |
Tswana | Tswana | tsn | ~12 000 | 1 328 (0,3%) | Nasionale taal | |
Kawango | Kwangali | bnt | 180 000 | 39 566 (8,5%) | Nasionale taal | |
Indo-Europese tale (Wes-Germaanse tale) | ||||||
Afrikaans | Afrikaans | afr | 219 753 (10,4%) | 48 238 (10,4%) | Nasionale taal | |
Duits | Duits | deu | ~19 500 (0,9%) | 4 359 (0,9%) | Nasionale taal | |
Engels | Engels | eng | 71 842 (3,4%) | 15 912 (3,4%) | Amptelike taal | |
Khoisan-tale | ||||||
Khoekhoegowab | Khoekhoegowab (insluitende Nama Damara Haiǁom Topnaar) | (naq) (dam) (hgm) (top) | 238 769 (11,3%) | 52 450 (11,3%) | Nama en Damara: Nasionale tale | |
San-tale | ǃKung (insluitende Juǀ’hoan ǃ'O-ǃKhung ǃXung, ǂKx'auǁein Ju-ǂHõã) | vaj (ktz) (knw) | 3 745 (0,8%) | |||
Kxoe | ||||||
Naro | nhr | |||||
ǃXóõ | nmn |
Tale wat die meeste gepraat word
Hooftaal | 2001 | 2011 |
---|---|---|
Oshiwambo | 48,5 | 48,9 |
Khoi/Nama/Damara | 11,5 | 11,3 |
Afrikaans | 11,4 | 10,4 |
Herero | 7,9 | 8,6 |
Kawango | 9,7 | 8,5 |
Lozi | 5 | 4,8 |
Engels | 1,9 | 3,4 |
Duits | 1,1 | 0,9 |
1,2 | 0,8 | |
Ander | 1,8 | 2,4 |
Bron: 2001-sensus en 2011-sensus
Verwysings
- (en) "Namibia Travel Guide". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016. Besoek op 8 Julie 2010.
- (en) Nama Damara language Geargiveer 6 Maart 2017 op Wayback Machine
- (en) "Languages Spoken – GRN Portal". www.gov.na. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 22 April 2018.
- (en) Lewis, M. Paul (red.) (2009). Ethnologue: Languages of the World, Sixteenth edition. SIL International.
- (en) Pütz, Martin (1995). Discrimination through language in Africa?: perspectives on the Namibian experience. Walter de Gruyter. p. 315. ISBN 3-11-014817-X.
- (en) "Census gives snapshot of Namibia's population". The Namibian. 28 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2013. Besoek op 29 Maart 2013.
- (en) "Namibia 2011 Population and Housing Census Main Report" (PDF). Namibiese Statistiekagentskap. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Oktober 2013. Besoek op 29 April 2020.
- (en) "2001-sensus" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 September 2014.
- (en) "2011-sensus" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Oktober 2013.
Bronne
- Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar