Daar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is elf amptelike tale benewens nie-amptelike tale en die tale van immigrante en asielsoekers. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die naasmeeste amptelike tale ná Indië. Terwyl Indië voorkeur gee aan Engels en Hindi, is al elf amptelike tale volgens die Grondwet van Suid-Afrika gelykwaardig. Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorsprong, terwyl die ander nege deel vorm van die Bantoetaalfamilie.
Amptelike tale
Die elf ampstale volgens die grondwet is:
- Afrikaans (af / afr) (sedert 1925 as "sinoniem vir Nederlands" – sedert 1961 as amptelike taal)
- Engels (en / eng)
- Ndebele (nr / nbl)
- Noord-Sotho (nso)
- Sotho (st / sot)
- Swazi (ss / ssw)
- Tsonga (ts / tso)
- Tswana (tn / tsn)
- Venda (ve / ven)
- Xhosa (xh / xho)
- Zoeloe (zu / zul)
Daar word ook in die Grondwet van Suid-Afrika voorsiening gemaak vir die bevordering van die Khoisan en Namas se tale, asook vir gebaretaal. Ander nie-amptelike tale sluit in: Fanagalo, , Noord-Ndebele en . Ander Europese tale, veral Duits en Portugees, word ook wyd gebruik deur immigrante uit Europa. Portugees en Frans word ook gebruik deur immigrante uit oud-kolonies in Afrika. Nederlands (nl / nld) is die enigste taal wat sy amptelike status verloor het (sedert 1983).
Hoewel die ampstale grondwetlike beskerming geniet, word regeringsake byna eksklusief in Engels gevoer en wette word slegs in Engels gepubliseer. Die regering vertaal weinig, indien enige, materiaal in enige van die ander erkende amptelike tale.
Oorspronge
Die tale kan volgens oorsprong as volg verdeel word:
- Afrikaans ontstaan hoofsaaklik uit Nederlands.
- Suid-Afrikaanse Engels stem baie nou ooreen met Britse Engels.
- Zoeloe, Xhosa, Ndebele, en Swazi vorm deel van die Nguni-taalfamilie.
- Sotho, Tswana en Noord-Sotho vorm deel van die Sotho-taalfamilie.
- Tsonga en Venda behoort ook tot die Bantoetaalfamilie (soos die Nguni- en Sotho-tale), maar toon minder ooreenkomste met die ander amptelike Bantoetale.
Verspreiding
Die tale kan losweg volgens streke verdeel word. Die tale word egter toenemed reg oor die land aangetref, veral in stedelike gebiede.
- Afrikaans word oor feitlik die hele land gebruik (met mindere gebruik in KwaZulu-Natal en sommige stedelike gebiede).
- Engels word baie algemeen gebruik (veral as tweede taal en vir onderrig onder swartes), maar het veral minder moedertaalsprekers in die Noord-Kaap, Wes-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, en die meeste landelike gebiede.
- Ndebele word veral in die westelike Mpumalanga gebruik.
- Zoeloe word veral in KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga gebruik.
- Xhosa word veral in die Oos- en Wes-Kaap gebruik.
- Sotho word veral in die Vrystaat en naburige Lesotho gebruik.
- Tswana word veral in die Noordwes, Noord-Kaap en naburige Botswana gebruik.
- Noord-Sotho word veral in Gauteng en Limpopo gebruik.
- Swazi word hoofsaaklik in Mpumalanga en naburige eSwatini gebruik.
- Tsonga word hoofsaaklik in die Limpopoprovinsie gebruik.
- Venda word hoofsaaklik in die Vhembedistrik van Limpopo gebruik.
2001 en 2011-sensus
Taal | |||
---|---|---|---|
2001-sensus | 2011-sensus | Verandering | |
Zoeloe | 23,8% | 22,7% | -1,1%▼ |
Xhosa | 17,6% | 16,0% | -1,6%▼ |
Afrikaans | 13,3% | 13,5% | +0,2% |
Engels | 8,2% | 9,6% | +1,4% |
Noord-Sotho | 9,4% | 9,1% | -0,3%▼ |
Tswana | 8,2% | 8,0% | -0,2%▼ |
Suid-Sotho | 7,9% | 7,6% | -0,3%▼ |
Tsonga | 4,4% | 4,5% | +0,1% |
Swazi | 2,7% | 2,5% | -0,2%▼ |
Venda | 2,3% | 2,4% | +0,1% |
Suid-Ndebele | 1,6% | 2,1% | +0,5% |
Ander tale | 0,5% | 2,1% | +1,6% |
Totaal | 100,0% | 100,0% |
Ander tale
Van die ander tale wat algemeen in Suid-Afrika gepraat word, hoewel hulle nie in die grondwet vermeld word nie, sluit Fanagalo, Lobedu (Khilobedu), Noord-Ndebele (Sindebele) en in. Lobedu word deur sommige gesien as 'n volwaardige taal, en deur ander as 'n dialek van Noord-Sotho. Fanagalo is 'n bastertaal wat in die mynwese ingespan word om kommunikasie tussen werkers te bevorder.
Beduidende getalle immigrante uit Europa, elders in Afrika en die Indiese subkontinent beteken dat 'n wye verskeidenheid van ander tale ook in dele van Suid-Afrika gepraat word. Van die ouer gemeenskappe van immigrante praat Grieks, Gujarati, Hindi, Portugees, Tamil, Oerdoe en Jiddisj, maar in kleiner getalle ook Nederlands, Frans en Duits.
Sien ook
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tale in Suid-Afrika.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar