Die T20I-wêreldbeker 2021 (Engels: 2021 ICC Men's T20 World Cup) is van 17 Oktober tot 14 November 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die sewende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit was die eerste toernooi wat amptelik T20I-wêreldbeker genoem is, met al die vorige toernooie waarna as Wêreldtwintig20 verwys is. Dié toernooi sou oorspronklik van 18 Oktober tot en met 15 November 2020 in Australië aangebied word, maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit na 2021 uitgestel met Indië as die nuwe gasheer, terwyl die volgende T20I-wêreldbeker 2022 aan Australië toegewys is. As gevolg van die pandemiesituasie in Indië is die 2021-toernooi in Junie 2021 na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, met 17 Oktober tot 14 November as die nuwe datums. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka, die 2014-toernooi in Bangladesj en die 2016-toernooi in Indië was dit die vierde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi wat deur Asiatiese lande gehou is. Die T20I-wêreldbeker 2021 het vyf en ’n half jaar ná die vorige T20I-wêreldbeker 2016 plaasgevind, die destyds langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie.
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2021 | |
Datums | 17 Oktober – 14 November |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Twaalf en uitklopfase |
Gashere | Oman Verenigde Arabiese Emirate |
Kampioen | Australië (1ste titel) |
Naaswenner | Nieu-Seeland |
Deelnemers | 16 (71 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 45 |
Bywoning | 378 895 (8 420 per wedstryd) |
Speler van die reeks | |
Meeste lopies | (303) |
Meeste paaltjies | (16) |
← 2016 2022 → |
16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem: Die nege beste toetskrieketlande (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan en Nieu-Seeland het Engeland geklop, waardeur twee spanne mekaar in die T20I-wêreldbekereindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Daarbenewens het vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis dié twee Oseaniese spanne – en twee van die Suidelike Halfrond – mekaar in die eindstryd ontmoet. Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op die in Doebai met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015 asook tydens die Kampioenetrofeë in 2006 en 2009 was dit Australië se agtste internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel. Die medegasheer Oman is reeds in die eerste rondte uitgeskakel, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate nie vir dié toernooi gekwalifiseer het nie.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2021 aangewys, maar die toernooi is later aan Oman en die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig. Indië het egter steeds as nominale gasheer aangebly. Dit was die eerste internasionale kriekettoernooi wat in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied is, asook die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur geassosieerde lede van die IKR gehuisves is.
Deelnemers
Kwalifisering
Die nege beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het saam met die gasheer Indië regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer. Van dié tien spanne is die beste agt spanne in die Super Twaalf geplaas. Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer: Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië (gasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as beste volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer. Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Namibië en Papoea-Nieu-Guinee het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem. Vir Papoea-Nieu-Guinee was dit die eerste deelname ooit aan ’n vername IKR-toernooi, terwyl Namibië voorheen aan die Krieketwêreldbeker 2003 deelgeneem het. Nadat Zimbabwe weens politieke inmenging deur die Internasionale Krieketraad geskors is, het hulle nie in aanmerking vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2021 gekom nie.
In Augustus 2021 is kommer uitgespreek oor die Afghaanse span se deelname aan die T20I-wêreldbeker 2021 weens die Taliban se magsoorname in dié land. Die Afghaanse span se mediabestuurder, Hikmat Hassan, het bevestig dat Afghanistan ondanks die politieke omswaai in dié land wel aan die toernooi sou kon deelneem. Op 6 Oktober 2021 het die Afghaanse span Kaboel verlaat om in Doha, Katar, aan ’n oefenkamp voor die toernooi deel te neem. Die Afghaanse span het wel aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem en voortgegaan om die ou vlag van Afghanistan te gebruik, truie in die driekleurige vlag van die Islamitiese Republiek Afghanistan se kleure swart-rooi-groen te dra en voor elke wedstryd is die ou volkslied Milli Tharana gesing.
Kwalifiserende spanne
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Indië | Gasheer | Sewende | 2016 | Kampioen (2007) |
Afghanistan | IKR se T20I-ranglys | Vyfde | 2016 | Super Tien (2016) |
Australië | Sewende | 2016 | Naaswenner (2010) | |
Bangladesj | Sewende | 2016 | Tweede rondte (2007, 2014, 2016) | |
Engeland | Sewende | 2016 | Kampioen (2010) | |
Nieu-Seeland | Sewende | 2016 | Halfeindrondte (2007, 2016) | |
Pakistan | Sewende | 2016 | Kampioen (2009) | |
Sri Lanka | Sewende | 2016 | Kampioen (2014) | |
Suid-Afrika | Sewende | 2016 | Halfeindrondte (2009, 2014) | |
Wes-Indië | Sewende | 2016 | Kampioen (2012, 2016) | |
Ierland | T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2019 | Sesde | 2016 | Super Agt (2009) |
Namibië | Eerste | – | Debuut | |
Nederland | Vierde | 2014 | Super Tien (2014) | |
Oman | Tweede | 2016 | Eerste rondte (2016) | |
Papoea-Nieu-Guinee | Eerste | – | Debuut | |
Skotland | Vierde | 2016 | Eerste rondte (2007, 2009, 2016) |
Stadions
Tydens die toernooi is drie Emiratiese stadions en een in Oman gebruik. Altesaam 45 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2021 beslis, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Tydens die toernooi is die kapasiteit op 70% beperk.
Verenigde Arabiese Emirate | Oman | ||
---|---|---|---|
Doebai | Sharjah | Aboe Dhabi | Maskat |
25°2′48″N 55°13′8″O / 25.04667°N 55.21889°O | 25°19′50.96″N 55°25′15.44″O / 25.3308222°N 55.4209556°O | 24°23′47″N 54°32′26″O / 24.39639°N 54.54056°O | 23°29′17.1″N 58°29′38.3″O / 23.488083°N 58.493972°O |
Kapasiteit: 25 000 | Kapasiteit: 27 000 | Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 3 000 |
T20I-wêreldbeker 2021 (Verenigde Arabiese Emirate) | T20I-wêreldbeker 2021 (Oman) |
Formaat
Die T20I-wêreldbeker 2021 is oor 29 dae tussen 16 verskillende spanne oor 45 wedstryde beslis. Dit het op 17 Oktober 2021 op Omaanse Krieketakademieveld in Maskat, Oman, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Oman en Papoea-Nieu-Guinee begin. Die toernooi het geëindig op Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, op 14 November met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2021 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Eerste rondte en Super Twaalf
Die T20I-wêreldbeker 2021 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 31 Desember 2018 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die Super Twaalf deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Twaalf is deur twaalf spanne in twee groepe van ses spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vyf wedstryde in die Super Twaalf gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Twaalf-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2021-effek op 2022-kwalifisering
Die elf beste spanne van die 2021-toernooi (saam met die 2022-gasheer Australië) het regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer. Hulle was Afghanistan, Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 16 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.
Skeidsregters
|
Wedstrydbeamptes
|
Wedstryde
Kwalifiseer vir die Super Twaalf. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Twaalf en die uitklopfase. Die groepe is op 16 Julie 2021 bekend gemaak. Bangladesj en Sri Lanka moes as swakste geplaaste kwalifiseerders op die wêreldranglys in die eerste rondte begin.
Eerste rondte
Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Twaalf deurgedring.
Groep A
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +3.754 |
Namibië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.523 |
Ierland | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.853 |
Nederland | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −2.460 |
18 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
51 (47) 4/26 (4 boulbeurte) | 44 (29) 1/14 (2.1 boulbeurte) |
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- neem vier paaltjies (’n vierkuns) in vier agtereenvolgende aflewerings, toe hy , , en (almal NL) in vier agtereenvolgende aflewerings uitboul. Daarmee word hy die tweede bouler en eerste Ier wat ’n driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.
- Curtis Campher word ook die derde bouler wat vier T20I-paaltjies in vier aflewerings neem.
18 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
29 (36) 3/25 (4 boulbeurte) | 42* (27) 1/7 (1 boulbeurt) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Namibië teken sy destydse laagste T20I-wêreldbekertelling aan – later oortref teen Australië tydens die 2024-toernooi.
20 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
70 (56) 2/36 (4 boulbeurte) | 66* (40) 1/8 (2 boulbeurte) |
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Namibië se destyds hoogste suksesvolle T20I-lopiejaag.
- Dit is Namibië se eerste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit en eerste oorwinning in enige IKR-toernooi.
20 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
71 (47) 4/23 (4 boulbeurte) | 41 (39) 3/17 (4 boulbeurte) |
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Sri Lanka vorder hiermee tot die Super Twaalf.
- Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.
22 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
38 (24) 3/21 (4 boulbeurte) | 53* (49) 2/14 (3 boulbeurte) |
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Namibië se eerste oorwinning ooit oor ’n volle lid in enige formaat.
- Namibië vorder hiermee tot die Super Twaalf.
- Ierland is hiermee uit die toernooi geskakel.
- Namibië haal vir die eerste keer die tweede rondte van ’n IKR-toernooi.
22 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
11 (9) 3/7 (3 boulbeurte) | 33* (24) 1/12 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nederland is binne-in tien boulbeurte uitgeboul wat dit die kortste beurt in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd maak waartydens al die kolwers van dieselfde span uitgeboul is.
- Vyf Nederlandse kolwers is been-voor-paaltjie betrap, die destyds meeste in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd – later oortref deur Oman teen Namibië tydens die 2024-toernooi.
- (Ned) se elf lopies is die destyds swakste hoogste individuelle telling in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd – later oortref deur (Afg) teen Suid-Afrika tydens die 2024-toernooi.
Groep B
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Skotland | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +0.775 |
Bangladesj | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +1.733 |
Oman | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.025 |
Papoea-Nieu-Guinee | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −2.655 |
17 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
56 (43) 4/20 (4 boulbeurte) | 73* (42) 0/15 (2 boulbeurte) |
- Oman het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- en (albei Oma) het hul T20I-debuut gemaak.
17 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
45 (28) 3/19 (4 boulbeurte) | 38 (36) 3/24 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Ban) neem sy 108ste paaltjie en word sodoende die vorste T20I-bouler.
19 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
70 (49) 4/31 (4 boulbeurte) | 47 (37) 4/18 (3.3 boulbeurte) |
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
19 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
64 (50) 3/18 (4 boulbeurte) | 40 (33) 4/36 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
21 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
50 (28) 2/26 (3 boulbeurte) | 46 (34) 4/9 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Bangladesj se grootste T20I-oorwinning ooit volgens aantal lopies.
- Dit is ook hul grootste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit volgens aantal lopies en oortref hul oorwinning met 54 lopies teen Oman tydens die 2016-toernooi.
- Bangladesj vorder hiermee tot die Super Twaalf.
- Papoea-Nieu-Guinee is hiermee uit die toernooi geskakel.
21 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
37 (35) 3/25 (4 boulbeurte) | 41 (28) 1/26 (3 boulbeurte) |
- Oman het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Skotland vorder hiermee tot die Super Twaalf.
- Oman is hiermee uit die toernooi geskakel.
- Skotland haal vir die eerste keer die tweede rondte van ’n IKR-toernooi.
Super Twaalf
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Twaalf spanne het aan die Super Twaalf deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +2.464 |
Australië | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +1.216 |
Suid-Afrika | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +0.739 |
Sri Lanka | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | −0.269 |
Wes-Indië | 5 | 1 | 4 | 0 | 2 | −1.641 |
Bangladesj | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −2.383 |
23 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
Aiden Markram 40 (36) 2/19 (4 boulbeurte) | 35 (34) Anrich Nortje 2/21 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
23 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
13 (13) 4/2 (2.2 boulbeurte) | 24* (22) 2/24 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- behaal die beste T20I-boulsyfers ooit deur ’n Engelse bouler.
- Adil Rashid boul die destyds mees ekonomiese spel in T20I-krieket.
- Wes-Indië teken die laagste telling ooit deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan en oortref daarmee Nieu-Seeland se vorige rekord teen Sri Lanka tydens die 2014-toernooi.
- Dit is ook die destyds laagste T20I-wêreldbekertelling van enige span teen Engeland – later oortref deur Oman tydens die 2024-toernooi.
- Dit is die eerste keer wat Wes-Indië minder as 100 lopies in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd kon aanteken.
- Dit is ook die eerste keer dat Engeland die teiken in minder as tien T20I-boulbeurte kon haal.
- Dit is Wes-Indië se eerste nederlaag teen Engeland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.
24 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
62 (52) 1/12 (3 boulbeurte) | 80* (49) 2/17 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Ban) neem sy 40ste paaltjie en word sodoende die beste bouler in T20I-wêreldbekertoernooie.
26 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
56 (35) 3/17 (2 boulbeurte) | Aiden Markram 51* (26) 1/27 (4 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
27 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
29 (30) 3/27 (4 boulbeurte) | 61 (38) 1/26 (3 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
28 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
35 (25) 2/12 (4 boulbeurte) | 65 (42) 2/22 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
29 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
40 (22) 2/20 (4 boulbeurte) | 44 (43) 1/22 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (WI) het sy T20I-debuut gemaak.
30 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
72 (58) 3/17 (3 boulbeurte) | Temba Bavuma 46 (46) 3/20 (4 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- word die derde bouler en eerste Sri Lankaan wat ’n driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem, toe hy Aiden Markram, Temba Bavuma en (almal RSA) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.
30 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
44 (49) 3/17 (4 boulbeurte) | 71* (32) 1/15 (2.4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
1 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
101* (67) 3/21 (4 boulbeurte) | 34 (21) 2/15 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- word die negende kolwer en tweede Engelsman wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal aanteken.
- (SL) neem sy 50ste T20I-paaltje.
- (Eng) neem sy span na hul 43 T20I-oorwinning en word sodoende die suksesvolste T20I-kaptein.
2 November 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
27 (25) Anrich Nortje 3/8 (3.2 boulbeurte) | Temba Bavuma 31* (28) 2/18 (4 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Bangladesj en Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
4 November 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
19 (18) 5/19 (4 boulbeurte) | 40 (20) 1/9 (1 boulbeurt) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- word die negende bouler en tweede Australiër wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.
- Bangladesj teken die destyds laagste T20I-telling van enige span teen Australië aan – later oortref deur Namibië tydens die 2024-toernooi.
- Australië haal die wenteiken binne-in 6.2 boulbeurte, die hoogste oorwinning volgens aantal oorblywende balle in ’n T20I-wedstryd tussen twee volle lede.
4 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
68 (41) 2/33 (4 boulbeurte) | 81* (54) 2/19 (4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die Wes-Indiese span word weens ’n stadige oorskotkoers met 20% van hul wedstrydgeld beboet.
- neem met 16 paaltjies die destyds meeste deur ’n bouler tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi – later oortref deur (Afg) en (Ind) tydens die 2024-toernooi.
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
6 November 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
44 (31) 4/39 (4 boulbeurte) | 89* (56) 1/7 (1 boulbeurt) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide en (albei WI) speel in hul laaste T20I-wedstryd.
6 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
Rassie van der Dussen 94* (60) 1/27 (4 boulbeurte) | 37 (27) Kagiso Rabada 3/48 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Rassie van der Dussen teken die destyds hoogste individuelle telling deur ’n Suid-Afrikaner in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan – later oortref deur Rilee Rossouw teen Bangladesj tydens die 2022-toernooi.
- Kagiso Rabada word die vierde bouler en eerste Suid-Afrikaner wat ’n driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem, toe hy , en (almal Eng) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.
- Om die halfeindrondte te haal moes Suid-Afrika Engeland op 131 lopies of minder beperk.
- Engeland en Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep 2
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Pakistan | 5 | 5 | 0 | 0 | 10 | +1.583 |
Nieu-Seeland | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +1.162 |
Indië | 5 | 3 | 2 | 0 | 6 | +1.747 |
Afghanistan | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | +1.053 |
Namibië | 5 | 1 | 4 | 0 | 2 | −1.890 |
Skotland | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −3.543 |
24 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
Virat Kohli 57 (49) 3/31 (4 boulbeurte) | 79* (55) 0/28 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die 200ste internasionale krieketwedstryd tussen Indië en Pakistan.
- Die Pakistanse vennootskap om die eerste paaltjie met 152 lopies tussen en is die destyds tweede hoogste tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi.
- Dit is die eerste keer dat Pakistan Indië in 13 probeerslae in ’n krieketwêreldbeker- of T20I-wêreldbekerwedstryd kan verslaan.
- Dit is die eerste keer dat Indië ’n T20I-wedstryd met tien paaltjies verloor en Pakistan ’n T20I-wedstryd met dieselfde uitslag kon wen.
25 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
59 (34) 2/33 (4 boulbeurte) | 25 (18) 5/20 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- word die agtste bouler en eerste Afghaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.
- Mujeeb Ur Rahman word ook die eerste speler wat ’n vyf-paaltjie-oes op sy T20I-wêreldbekerdebuut neem.
- Dit is Afghanistan se grootste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit volgens aantal lopies en oortref hul oorwinning met 59 lopies teen Zimbabwe tydens die 2016-toernooi.
26 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
27 (20) 4/22 (4 boulbeurte) | 33 (34) 2/28 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (NZ) neem sy 100ste T20I-paaltjie.
27 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
44 (27) 3/17 (4 boulbeurte) | 32* (23) 2/12 (2 boulbeurte) |
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die eerste keer wat twee assosiaatlede mekaar in die tweede rondte van ’n T20I-wêreldbekertoernooi ontmoet.
- (Nam) word die eerste bouler wat drie paaltjies in die eerste T20I-boulbeurt neem.
- Dit is Namibië se eerste oorwinning ooit in die tweede rondte van enige IKR-toernooi.
29 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
35* (25) 2/25 (4 boulbeurte) | 51 (47) 2/26 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (Afg) word volgens aantal wedstryde (53) die vinnigste bouler wat 100 T20I-paaltjies neem.
- (Pak) word volgens aantal kolfbeurte (26) die vinnigste speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies as kaptein behaal.
31 Oktober 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
45 (33) 2/21 (4 boulbeurte) | 26 (30) 3/9 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- word die eerste Afghaanse speler wat die mylpaal van 2000 T20I-lopies behaal.
31 Oktober 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
26* (19) 3/20 (4 boulbeurte) | 49 (35) 2/19 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
2 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
79* (50) 1/30 (4 boulbeurte) | 43* (31) 1/13 (3 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.
3 November 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
93 (56) 2/28 (4 boulbeurte) | 42* (20) 2/29 (4 boulbeurte) |
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (NZ) word ná Virat Kohli (Ind) die tweede kolwer wat die mylpaal van 3000 T20I-lopies behaal.
- Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.
3 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
Rohit Sharma 74 (47) 1/7 (1 boulbeurt) | 42* (22) 3/32 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die vennootskap om die eerste paaltjie met 140 lopies tussen Rohit Sharma en is die destyds hoogste tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi vir Indië.
5 November 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
39* (21) 1/15 (3 boulbeurte) | 25 (25) 2/15 (4 boulbeurte) |
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Namibië is hiermee uit die toernooi geskakel.
5 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
24 (19) 3/15 (3 boulbeurte) | 50 (19) 1/20 (2 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Ind) teken die gesamentlik vinnigste vyftigtal tydens die toernooi aan (in 18 aflewerings).
7 November 2021 14:00 (GST) Telkaart |
t | ||
73 (48) 3/17 (4 boulbeurte) | 40* (42) 1/27 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (Afg) neem sy 400ste T20I-paaltjie.
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Afghanistan en Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
7 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
66 (47) 2/43 (4 boulbeurte) | 54* (37) 2/14 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (Pak) teken die gesamentlik vinnigste vyftigtal tydens die toernooi aan (in 18 aflewerings).
8 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
26 (25) 3/16 (4 boulbeurte) | Rohit Sharma 56 (37) 1/19 (2 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Virat Kohli voer Indië in die vyftigste T20I-wedstryd aan.
- Dit is Virat Kohli se laaste T20I-wedstryd as Indiese kaptein.
Uitklopfase
Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai ontmoet het.
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
10 November – Aboe Dhabi | ||||||
Engeland | 166/4 | |||||
Nieu-Seeland | 167/5 | 14 November – Doebai | ||||
Nieu-Seeland | 172/4 | |||||
11 November – Doebai | Australië | 173/2 | ||||
Pakistan | 176/4 | |||||
Australië | 177/5 |
Halfeindrondte
10 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
51* (37) 1/18 (2 boulbeurte) | 72* (47) 2/22 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Engeland en Nieu-Seeland ontmoet mekaar vir die tweede agtereenvolgende keer in ’n T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.
- Nieu-Seeland haal vir die eerste keer die T20I-wêreldbekereindstryd.
11 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
67 (52) 2/38 (4 boulbeurte) | 49 (30) 4/26 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Pak) behaal die beste boulsyfers in ’n T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.
Eindstryd
14 November 2021 18:00 (GST) ((D/N)) Telkaart |
t | ||
85 (48) 3/16 (4 boulbeurte) | 77* (50) 2/18 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide Australië en Nieu-Seeland het die kans gehad om die eerste T20I-wêreldkampioen van die Suidelike Halfrond te word.
- (NZL) teken ná (WI) tydens die 2016-toernooi die gesamentlik hoogste telling in ’n T20I-wêreldbekereindstryd aan.
- (Aus) teken die destyds vinnigste vyftigtal in ’n T20I-wêreldbekereindstryd aan (in 31 aflewerings) – later oortref deur Heinrich Klaasen (RSA) tydens die 2024-eindstryd.
- Australië teken die destyds hoogste telling in ’n T20I-wêreldbekereindstryd aan – later oortref deur Indië teen Suid-Afrika tydens die 2024-eindstryd.
T20I-wêreldkampioen 2021 |
---|
Australië |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 16 deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2021.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Australië | 1 | 7 | 6 | 0 | 1 | 990 | 976 | +14 | 12 | — |
2 | Nieu-Seeland | 2 | 7 | 5 | 0 | 2 | 1044 | 975 | +69 | 10 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Pakistan | 2 | 6 | 5 | 0 | 1 | 989 | 870 | +119 | 10 | — |
4 | Engeland | 1 | 6 | 4 | 0 | 2 | 816 | 797 | +19 | 8 | — |
In die Super Twaalf uitgeskakel | |||||||||||
5 | Suid-Afrika | 1 | 5 | 4 | 0 | 1 | 683 | 669 | +14 | 8 | +0.739 |
6 | Indië | 2 | 5 | 3 | 0 | 2 | 696 | 624 | +72 | 6 | +1.747 |
7 | Afghanistan | 2 | 5 | 2 | 0 | 3 | 765 | 641 | +124 | 4 | +1.053 |
8 | Sri Lanka | A/1 | 8 | 5 | 0 | 3 | 1110 | 1045 | +65 | 10 | — |
9 | Wes-Indië | 1 | 5 | 1 | 0 | 4 | 666 | 689 | –23 | 2 | −1.641 |
10 | Namibië | A/1 | 8 | 3 | 0 | 5 | 988 | 1146 | –158 | 6 | — |
11 | Skotland | B/2 | 8 | 3 | 0 | 5 | 955 | 1159 | –204 | 6 | — |
12 | Bangladesj | B/1 | 8 | 2 | 0 | 6 | 1059 | 968 | +91 | 4 | — |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
13 | Oman | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 380 | 405 | –25 | 2 | −0.025 |
14 | Ierland | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 333 | 403 | –70 | 2 | −0.853 |
15 | Nederland | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 314 | 318 | –4 | 0 | −2.460 |
16 | Papoea-Nieu-Guinee | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 374 | 477 | –103 | 0 | −2.655 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies:
| Meeste paaltjies:
|
Sien ook
Verwysings
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup, 2021/22 – Most runs". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup, 2021/22 – Most wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "World T20 to be called T20 World Cup from 2020 edition: ICC". The Times of India. 23 November 2018. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Nagraj Gollapudi (12 Desember 2017). "IPL now has window in ICC Future Tours Programme". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Nagraj Gollapudi (20 Julie 2020). "ICC postpones T20 World Cup due to Covid-19 pandemic". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Venue for postponed 2020 ICC Men's T20 World Cup confirmed". Internasionale Krieketraad. 7 Augustus 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2023. Besoek op 1 Oktober 2023.
- (en) Nagraj Gollapudi (25 Junie 2021). "T20 World Cup set to begin on October 17 in UAE; final on November 14". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "New Zealand v Australia by the numbers: Who holds the edge?". Internasionale Krieketraad. 12 November 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2023. Besoek op 14 Oktober 2023.
- (en) Paul Radley (29 Junie 2021). "T20 World Cup will move to UAE and Oman, confirms ICC". The National. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Direct qualifiers for ICC Men's T20 World Cup 2020 confirmed". Internasionale Krieketraad. 1 Januarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2023. Besoek op 1 Oktober 2023.
- (en) "Afghanistan earn direct qualification in 2020 T20 World Cup". ESPNcricinfo. 1 Januarie 2019. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "T20 World Cup 2020: Afghanistan qualify for Super 12s at Sri Lanka's expense". BBC. 1 Januarie 2019. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "PNG make history, secure qualification for T20 World Cup 2020". Internasionale Krieketraad. 27 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2023. Besoek op 1 Oktober 2023.
- (en) "PNG make history by qualifying for Twenty20 World Cup". The Guardian. 28 Oktober 2019. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Zimbabwe readmitted as an ICC member after political interference ban". BBC. 14 Oktober 2019. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "'Afghanistan Will Play in ICC Men's T20 World Cup 2021'". News18. 16 Augustus 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Afghanistan will play T20 World Cup, preparations are on: Media manager". The Times of India. 16 Augustus 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Andy Flower named Afghanistan consultant for T20 World Cup". ESPNcricinfo. 9 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Ali M. Latifi; Mohsin Khan Mohmand (26 Oktober 2021). "Flags, tears, anthem: How Afghans celebrated their cricket win". Al Jazeera. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "T20 World Cup to have fans at 70% capacity across venues". ESPNcricinfo. 3 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Automatic Super 12 qualifiers for T20 World Cup 2022 confirmed". Internasionale Krieketraad. 7 November 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2023. Besoek op 2 November 2023.
- (en) "20-strong contingent of match officials announced for ICC Men's T20 World Cup 2021". Internasionale Krieketraad. 7 Oktober 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2023. Besoek op 1 Oktober 2023.
- (en) Nagraj Gollapudi (16 Julie 2021). "T20 World Cup 2021: India and Pakistan to face off in Super 12s". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "T20 World Cup – Hat-tricks in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Curtis Campher takes four wickets in four balls vs Netherlands in T20 World Cup". SportStar. 18 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Ireland pacer Curtis Campher becomes third bowler to take four wickets in four balls in T20Is". ANI News. 18 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Lowest totals For ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Firdose Moonda (20 Oktober 2021). "David Wiese smashes 66 against Netherlands to keep Namibia's Super 12 hopes alive". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Damith Weerasinghe (20 Oktober 2021). "Sri Lanka qualify for ICC T20 World Cup Super 12 stage". The Papare. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Danyal Rasool (20 Oktober 2021). "Hasaranga, Nissanka, Theekshana down Ireland to seal Sri Lanka's Super 12s spot". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Steven Lynch (18 Oktober 2022). "Is Namibia's win over Sri Lanka in the 2022 T20 World Cup their first against a Test-playing nation?". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Matthew Henry (22 Oktober 2021). "T20 World Cup: Namibia reach Super 12s as Ireland knocked out". BBC. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Hemant Brar (22 Oktober 2021). "Wiese, Erasmus the heroes as Namibia qualify for the Super 12s". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Cricket: How Namibia sealed one of T20 World Cup's biggest shocks". Al Jazeera. 23 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Sampath Bandarupalli (22 Oktober 2021). "Sri Lanka bowl Netherlands out for 44 – the story in numbers". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Mohammad Isam (17 Oktober 2021). "Shakib Al Hasan becomes leading wicket-taker in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Shakib, Mahmudullah help Tigers to their biggest-ever T20I win". The Business Standard. 21 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Largest margins by Innings, runs & wickets for ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Saif AL Imam Shota (21 Oktober 2021). "Bangladesh storm into the Super 12 after dismantling PNG for 97". BD Crictime. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Mohammad Isam (21 Oktober 2021). "Shakib, Mahmudullah star as Bangladesh rout PNG to seal Super 12s spot". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Amy Lofthouse (21 Oktober 2021). "T20 World Cup: Scotland & Bangladesh win to reach Super 12s". BBC. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Shashank Kishore (21 Oktober 2021). "Bowling might helps Scotland qualify for Super 12s; Oman knocked out". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Sampath Bandarupalli (23 Oktober 2021). "Stats – West Indies' worst batting effort in T20 World Cups and first loss to England". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Lara 'doesn't have words' after England bowl West Indies out for lowest total by a full-member team in T20 World Cup". Hindustan Times. 23 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Team Largest Margins – in T20I matches". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "BAN vs SL: Shakib Al Hasan becomes leading wicket-taker in T20 World Cups". SportStar. 24 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "T20 World Cup: Wanindu Hasaranga becomes fourth Sri Lankan to pick up a T20I hat-trick". Free Press Journal. 30 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – High Scores". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Matthew Henry (1 November 2021). "T20 World Cup: Jos Buttler's sensational century sets up England win over Sri Lanka". BBC. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Buttler's brilliant century inspires England win despite late scare". Internasionale Krieketraad. 1 November 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2023. Besoek op 1 Oktober 2023.
- (en) "T20 World Cup: Jos Buttler scores first T20I century as England beat Sri Lanka to close in on semi-finals". Sky Sports. 2 November 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Damith Weerasinghe (2 November 2021). "Sri Lanka officially knocked out of semi-finals race". The Papare. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Faisal Kamal (4 November 2021). "Zampa takes five wickets as Australia crush Bangladesh". Yahoo! News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2021. Besoek op 4 November 2021.
- (en) Karthik Krishnaswamy (4 November 2021). "Zampa five-for and aggressive batting give Australia massive NRR boost in big win over Bangladesh". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Records for T20 Matches – Largest victories". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Andrew Fidel Fernando (4 November 2021). "Sri Lanka knock out West Indies with sharp all-round display". ESPNcricinfo.
- (en) Sampath Bandarupalli (27 Junie 2024). "Stats – South Africa men's maiden World Cup final, Afghanistan's lowest T20I total". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Hetmyer scores 81 not out in Sri Lanka loss". Krieket Wes-Indië. 4 November 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Sidharth Monga (6 November 2021). "David Warner, Josh Hazlewood spoil Dwayne Bravo's farewell with convincing Australia win". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Valkerie Baynes (6 November 2021). "Rassie van der Dussen, Kagiso Rabada seal bittersweet consolation win for South Africa". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – High scores". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Watch: Kagiso Rabada becomes first SA bowler to take hat-trick in T20Is; leads Proteas to win over England". Times Now News. 6 November 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Valkerie Baynes (6 November 2021). "Rassie van der Dussen, Kagiso Rabada seal bittersweet consolation win for South Africa". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Matthew Henry (6 November 2021). "T20 World Cup: England reach semi-finals despite defeat by South Africa". BBC. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "England qualify for last four despite defeat, South Africa fall short in Sharjah". The Cricketer. 6 November 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "From Virat Kohli's unbeaten run in T20Is to their 200th international game – IND vs PAK stats you need to know". DNA India. 24 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – Highest partnerships by runs". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Sidharth Monga (24 Oktober 2021). "Babar Azam, Mohammad Rizwan break Pakistan's World Cup jinx against India with 10-wicket romp". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Pakistan routs India with 10-wicket win at T20 World Cup". Al Jazeera. 25 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Mujeeb ur Rahman records five-wicket haul on World Cup debut". SportStar. 25 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Sampath Bandarupalli (25 Oktober 2021). "Mujeeb magic and Scotland's record sequence of ducks". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Afghanistan power-hitters and spinners demolish Scotland in record 130-run win". Internasionale Krieketraad. 25 Oktober 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2023. Besoek op 1 Desember 2023.
- (en) "[VIDEO] Southee cleans up Babar during Pak vs NZ clash at WC, enters elite list with 100th wicket in T20Is". Times Now News. 26 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Firdose Moonda (21 Oktober 2022). "Scotland's early exit encapsulates raw emotion of sport for Associate teams". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Shashank Kishore (27 Oktober 2021). "Trumpelmann, Smit help Namibia keep dream World Cup run going". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Ahm Nayeem (28 Oktober 2021). "Small country, big dreams: The astonishing rise of Namibian cricket". The Business Standard. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "AFG vs PAK: Rashid becomes fastest bowler to pick 100 T20I wickets". SportStar. 29 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Faizan Lakhani (29 Oktober 2021). "T20 World Cup: Babar Azam equals another Virat Kohli record". The News. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Mohammad Shahzad becomes first Afghan player to reach 2000 T20I runs". The Times of India. 31 Oktober 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Pakistan vs Namibia: Unbeaten Pakistan make way to semis after triumph over Namibia". Geo News. 2 November 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2022. Besoek op 27 November 2022.
- (en) "NZ vs SCO: Martin Guptill joins Virat Kohli in elite list, becomes 2nd batter to complete 3,000 T20I runs". Times Now News. 3 November 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Kal Sajad (3 November 2021). "T20 World Cup: Scotland knocked out as New Zealand keep semi-final hopes alive". BBC. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Sampath Bandarupalli (3 November 2021). "Stats – Rohit Sharma-KL Rahul's reassurance at top and Rishabh Pant-Hardik Pandya's record finish". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Andrew Voerman (6 November 2021). "Late batting surge sets Black Caps up to beat Namibia at Twenty20 World Cup". Stuff. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Records for T20I Matches – Fastest Fifties". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
- (en) "Rashid Khan reaches 400 wickets in T20 cricket, does so in quickest time". devdiscourse. 7 November 2021. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Andrew Voerman (8 November 2021). "Black Caps to play England in semifinals at T20 World Cup after beating Afghanistan". Stuff. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Paul Radley (7 November 2021). "New Zealand ease past Afghanistan and send India out of T20 World Cup". The National. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Sudharshan Sridharan (8 November 2021). "Virat Kohli set to play his 50th T20I match as captain against Namibia and much more". Sports Tiger. Besoek op 8 September 2024.
- (en) Sidharth Monga (8 November 2021). "Spinners and openers help India sign off with big win in Kohli's last game as T20I captain". ESPNcricinfo. Besoek op 8 September 2024.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar