Die Krieketwêreldbeker 1975 (Engels: 1975 Cricket World Cup) is van 7 tot 21 Junie 1975 in Engeland beslis. Dit was die eerste krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word. Die Krieketwêreldbeker 1975 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy geborg en staan dus amptelik bekend as die Prudentialbeker 1975.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1975 | |
Datums | 7 Junie – 21 Junie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketkonferensie (IKK) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Engeland |
Kampioen | Wes-Indië (1ste titel) |
Naaswenner | Australië |
Deelnemers | 8 |
Wedstryde gespeel | 15 |
Bywoning | 158 000 (10 533 per wedstryd) |
Meeste lopies | (333) |
Meeste paaltjies | (11) |
← Geen 1979 → |
Agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1975 deelgeneem: Die destydse ses toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië), saam met die destyds voorste geassosieerde lid Sri Lanka en, vir die enigste keer, Oos-Afrika. Vir die Oos-Afrikaanse span is krieketspelers uit die lande Kenia, Tanzanië, Uganda en Zambië genooi. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.
Tydens die Krieketwêreldbeker 1975 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.
Die konsep van eendagkrieket was nog in die vroeë stadiums en tussen 1971 en 1975 is net 18 sulke wedstryde tussen die toetslande gespeel. Interessant genoeg is die Vrouekrieketwêreldbeker twee jaar vroeër, in 1973, aangebied.
Engeland, Nieu-Seeland, Wes-Indië en Australië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer en dit was tot dusver die enigste krieketwêreldbeker, waartydens geen span van die Indiese subkontinent vir die uitklopfase gekwalifiseer het nie. Australië het Engeland en Wes-Indië het Nieu-Seeland geklop, voordat Wes-Indië – die gunsteling vóór dié toernooi – Australië in die eindstryd op Lord’s in Londen met 17 lopies verslaan en sodoende die eerste krieketwêreldkampioen geword het.
Die openingswedstryd van die toernooi is gekenmerk deur een van die mees bisarre kolfpogings in die eendaggeskiedenis, dié van die Indiese . Nadat Engeland 334/4 aangeteken het, met wat 137 lopies gemoker het, het Gavaskar die volle 60 boulbeurte deurgekolf vir ’n skamele 36 lopies (nie uit nie), wat verskeie voorvalle van ongelukkige Indiese aanhangers tot gevolg gehad het.
Toewysing
Volgens die IKK het net Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys.
Deelnemers
Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1975 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1975 gekwalifiseer. Sri Lanka en Oos-Afrika was die enigste twee deelnemende spanne sonder toetsstatus en hulle is uitgenooi om die oorblywende twee plekke te vul.
Span | Kwalifiseringmetode | Vorige beste prestasie | Rang | Groep |
---|---|---|---|---|
Engeland | Gasheer | Debuut | 1 | A |
Australië | Volle lede | Debuut | 3 | B |
Indië | Debuut | 5 | A | |
Nieu-Seeland | Debuut | 4 | A | |
Pakistan | Debuut | 6 | B | |
Wes-Indië | Debuut | 2 | B | |
Oos-Afrika | Uitgenooi | Debuut | – | A |
Sri Lanka | Debuut | – | B |
Stadions
Die eerste krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions gespeel. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1975 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Londen, Groter Londen | Krieketwêreldbeker 1975 (Engeland) | Londen, Groter Londen |
---|---|---|
Lord’s | The Oval | |
51°31′45.84″N 0°10′21.72″W / 51.5294000°N 0.1727000°W | 51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W | |
Kapasiteit: 30 000 | Kapasiteit: 23 500 | |
Birmingham, Wes-Midlands | Manchester, Groter Manchester | |
Edgbaston | Old Trafford | |
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W | 53°27′22.85″N 2°17′12.34″W / 53.4563472°N 2.2867611°W | |
Kapasiteit: 21 000 | Kapasiteit: 19 000 | |
Nottingham, Nottinghamshire | Leeds, Wes-Yorkshire | |
Trent Bridge | ||
52°56′12.78″N 1°07′55.78″W / 52.9368833°N 1.1321611°W | 53°49′3.58″N 1°34′55.12″W / 53.8176611°N 1.5819778°W | |
Kapasiteit: 15 350 | Kapasiteit: 14 000 | |
Formaat
Die Krieketwêreldbeker 1975 is oor 15 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 7 Junie 1975 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 21 Junie met die eindstryd tussen Wes-Indië en Australië, waartydens Wes-Indië die Prudentialbeker ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1975 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Groep A | Groep B |
---|---|
Engeland |
Groepfase
Die Krieketwêreldbeker 1975 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Krieketkonferensie genooi. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters
’n Paneel van agt skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 3 | 3 | 0 | 0 | +4.94 | 12 |
Nieu-Seeland | 3 | 2 | 1 | 0 | +4.07 | 8 |
Indië | 3 | 1 | 2 | 0 | +3.24 | 4 |
Oos-Afrika | 3 | 0 | 3 | 0 | +1.90 | 0 |
7 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
137 (147) 2/58 (12 boulbeurte) | 37 (59) 1/16 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- , en (almal Ind) het hul EDI-debuut gemaak.
- (Eng) teken die eerste krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
7 Junie 1975 Telkaart |
t | Oos-Afrika 128/8 (60 boulbeurte) | |
171* (201) 1/34 (12 boulbeurte) | 45 (123) 3/21 (12 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- , , , , , , , , , en (almal Oos-Afrika), asook (NZ) het hul EDI-debuut gemaak.
- (NZ) se 171* is met 201 aflewerings die langste individuele kolfbeurt in die EDI-geskiedenis.
- Glenn Turner word die tweede kolwer en eerste Nieu-Seelander wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aanteken.
11 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
131 (147) 2/43 (12 boulbeurte) | 55 (85) Tony Greig 4/45 (12 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- word die derde kolwer en tweede Engelsman wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aanteken.
- Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
11 Junie 1975 Telkaart |
Oos-Afrika 120 almal uit (55.3 boulbeurte) | t | |
37 (84) 3/15 (9.3 boulbeurte) | 65* (86) 0/17 (6 boulbeurte) |
- Oos-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- , en (almal Oos-Afrika) het hul EDI-debuut gemaak.
- Oos-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.
14 Junie 1975 Telkaart |
t | Oos-Afrika 94 almal uit (52.3 boulbeurte) | |
88 (116) 3/63 (12 boulbeurte) | 30 (102) 4/11 (12 boulbeurte) |
- Oos-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
14 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
70 (98) 3/49 (12 boulbeurte) | 114* (177) 2/35 (12 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- teken sy tweede krieketwêreldbekerhonderdtal aan en word die eerste kolwer wat daarin slaag.
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep B
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Indië | 3 | 3 | 0 | 0 | +4.35 | 12 |
Australië | 3 | 2 | 1 | 0 | +4.43 | 8 |
Pakistan | 3 | 1 | 2 | 0 | +4.45 | 4 |
Sri Lanka | 3 | 0 | 3 | 0 | +2.78 | 0 |
7 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
80* (94) 2/37 (12 boulbeurte) | 65 (76) 5/34 (12 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- en (albei Aus), asook (Pak) het hul EDI-debuut gemaak.
- (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
7 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
21 (54) 4/20 (12 boulbeurte) | 33 (38) 1/33 (8 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- , , , , , , , , , en (almal SL), asook en (albei WI) het hul EDI-debuut gemaak.
11 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
101 (113) 2/60 (12 boulbeurte) | 53* (102) 2/14 (4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (SL) het sy EDI-debuut gemaak.
- word die vierde kolwer en eerste Australiër wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aanteken.
- (SL) het met pyn by 150/2 afgetree.
- (SL) het met pyn by 164/2 afgetree.
- Australië vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
11 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
60 (108) 1/21 (4 boulbeurte) | 61* (76) 4/44 (12 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- en (albei Pak), asook (WI) het hul EDI-debuut gemaak.
- Wes-Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
14 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
58 (74) 3/39 (10.4 boulbeurte) | 78 (83) 1/35 (11 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
14 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
97 (89) 3/42 (8 boulbeurte) | 30 (36) Imran Khan 3/15 (7.1 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (SL) het sy EDI-debuut gemaak.
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
18 Junie – Leeds | ||||||
Engeland | 93 | |||||
Australië | 94/6 | 21 Junie – Londen | ||||
Australië | 274 | |||||
18 Junie – Londen | Wes-Indië | 281/8 | ||||
Nieu-Seeland | 158 | |||||
Wes-Indië | 159/5 |
Halfeindrondte
18 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
27 (60) 6/14 (12 boulbeurte) | 28* (28) 3/29 (7 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
18 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
51 (93) 4/27 (12 boulbeurte) | 72 (92) 3/28 (12 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Eindstryd
21 Junie 1975 Telkaart |
t | ||
102 (85) 5/48 (12 boulbeurte) | 62 (93) 4/50 (12 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- word die vyfde kolwer en eerste Wes-Indiër wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aanteken.
- (Aus) neem sy tweede vyf-paaltjie-oes in die toernooi.
- Wes-Indië wen die Krieketwêreldbeker 1975 sonder ’n verlore wedstryd.
Krieketwêreldkampioen 1975 |
---|
Wes-Indië |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1975.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Wes-Indië | B | 5 | 5 | 0 | 0 | 999 | 976 | +23 | 20 | |
2 | Australië | B | 5 | 3 | 0 | 2 | 1166 | 1060 | +106 | 12 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Engeland | A | 4 | 3 | 0 | 1 | 983 | 506 | +477 | 12 | |
4 | Nieu-Seeland | A | 4 | 3 | 0 | 1 | 886 | 783 | +103 | 12 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Pakistan | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 801 | 682 | +119 | +4.45 | 4 |
6 | Indië | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 485 | 687 | –202 | +3.24 | 4 |
7 | Sri Lanka | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 500 | 745 | –245 | +2.78 | 0 |
8 | Oos-Afrika | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 342 | 722 | –380 | +1.90 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies aangeteken:
| Meeste paaltjies geneem:
|
Sien ook
Verwysings
- (en) "Records / Prudential World Cup, 1975 / Most Runs". ESPNcricinfo. 21 Junie 1975. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Records / Prudential World Cup, 1975 / Most Wickets". ESPNcricinfo. 21 Junie 1975. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "The 1975 World Cup in England – West Indies victory heralds a new era". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) Ranajit Bhattacharyya (8 Junie 2019). "And that was 1975's inaugural Cricket World Cup". Asian Age. Besoek op 7 April 2023.
- (en) Andrew Baker (20 Maart 2009). "England women's cricketers aiming to lift World Cup for third time". The Daily Telegraph. Besoek op 7 April 2023.
- (en) Martin Williamson (12 Februarie 2011). "Sunny's World Cup go-slow". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) Martin Williamson (31 Januarie 2015). "The birth of the World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "How limited-overs cricket led to birth of World Cup". Dawn. 8 Februarie 2011. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "West Indies victory heralds a new era". ESPNcricinfo. 25 Oktober 2006. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) Steven Lynch (3 Junie 2008). "The longest innings, and Vettori's unique feat". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) Norman Preston. "Australia v West Indies". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
Verdere leesstof
- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Mark Browning (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1975. |
- (en) England – The World Cup, 1975
- (en) Prudential World Cup 1975
- (en) The Prudential World Cup – 1975
- (en) Prudential World Cup 1975 – Fixtures and Results
- (en) Prudential Cup 1975 op IMDb
Krieketwêreldbeker | |||
---|---|---|---|
Engeland 1975 • Engeland 1979 • Engeland / Wallis 1983 • Indië / Pakistan 1987 • Australië / Nieu-Seeland 1992 • Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996 • Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003 • Wes-Indië 2007 • Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011 • Australië / Nieu-Seeland 2015 • Engeland / Wallis 2019 • Indië 2023 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027 • Indië / Bangladesj 2031 |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar