<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
24 April is die 114de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (115de in skrikkeljare). Daar volg nog 251 dae in die jaar.
Gebeure
- 1478 v.C. – Toetmoses III word, onder die regentskap van koningin Hatsjepsoet, gekroon tot farao van Egipte.
- 1184 v.C. – Die Grieke dring die stad Troje binne deur gebruik te maak van die Trojaanse perd.
- 858 – Pous Nicolaas I volg Pous Benedictus III op.
- 1061 – Halley se Komeet word gesien.
- 1546 – Keiser Karel V wen die slag van Muhlberg teen die Schmalkaldiese Liga.
- 1585 – Kardinaal Felice Peretti Montalto word verkies tot Pous Sixtus V. Pous Sixtus V volg Pous Gregorius XIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1613 – Irokese en Nederlanders (Jacob Eelckens en Hendrick Christiaenssen) sluit in Nieuw-Amsterdam 'n handelsverdrag. Die Nederlanders oorhandig 'n silwer ketting en die Irokese 'n wampum.
- 1704 – Die eerste gereelde koerant in die Verenigde State, die Boston New-Letter, word gepubliseer.
- 1736 – Pous Clemens XII verklaar Pous Benedictus XI salig.
- 1775 – Pous Pius VI stel Leonardo Antonelli, assessor van die Inkwisisie en Bernardino de' Vecchi, dekaan van die priesters van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1800 – Die VSA kongresbiblioteek word gestig.
- 1814 – Britse troepe verbrand Washington, DC
- 1817 – Huwelik van kroonprins Jozef van Saksen-Altenburg en prinses Amelie van Württemberg in Kirchheim unter Teck.
- 1846 – Die begin van die Mexikaans-Amerikaanse Oorlog.
- 1854 – In Wene vind die huwelik plaas tussen Elisabeth van Oostenryk-Hongarye en Frans Jozef I van Oostenryk.
- 1863 – Die Keyesville menseslagting vind plaas in Keyesville, Kalifornië, VSA.
- 1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog: Spanje verklaar oorlog teen die Verenigde State.
- 1913 – Woolworthsgebou se openingseremonie.
- 1915 – Die Armeense volksmoord begin.
- 1916 – Die Paasopstand (Easter Uprising) in Ierland
- 1925 – John Scopes verkondig Darwin se teorie van ewolusie, wat lei tot die Scopes monkey-saak.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Operation Demon, die Verenigde Koninkryk begin om Griekeland te ontruim.
- 1947 – Die Britse koningsgesin verlaat Suid-Afrika na 'n suksesvolle toer deur Suidelike Afrika.
- 1961 – As deel van die Deltaplan word die Veerse Gat ('n rivierarm in die Nederlande) gesluit.
- 1963 – Huwelik van Prinses Alexandra van Kent en Angus James Bruce Ogilvy by Westminster Abdy in Londen.
- 1961 – Die berging van die Sweedse skip Vasa.
- 1967 – Die Russiese ruimtevaarder Wladimir Komarof sterf aanboord Soyuz 1.
- 1968 – Mauritius word 'n lidstaat van die Verenigde Nasies.
- 1970 – Die Volksrepubliek China lanseer sy eerste satelliet.
- 1970 – Gambië word 'n republiek
- 1975 – Die Rote Armee Fraktion verantwoordelik vir die besetting en opblaas van die Wes-Duitse ambassade in Stockholm.
- 1981 – Vrystelling van die eerste IBM persoonlike rekenaar.
- 1984 – Apple Computer onthul die Apple IIc draagbare rekenaar.
- 1990 – Die Hubble Ruimteteleskoop word gelanseer deur Ruimtependeltuig Discovery
- 1990 – Gruinard-eiland amptelik vry verklaar van antraks na 48 jaar van kwarantyn.
- 1990 – Mobutu Sese Seko kondig aan dat 'n veelpartystelsel in Zaïre ingevoer gaan word. In die eerste fase word drie politieke partye toegelaat.
- 1993 – 'n IRL-bom ontplof in Londen se middestad.
- 1996 – In die VSA word die Antiterrorisme en effektiewe doodsvonniswet ingedien.
- 2005 – Kardinaal Joseph Ratzinger word as die 265de pous van die Rooms-Katolieke Kerk ingehuldig met die naam Pous Benedictus XVI.
Geboortes
- 1533 – Willem van Oranje, Prins van Oranje en die hoofleier van die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Habsburgs († 1584)
- 1822 – George French Angas, Britse en Australiese kunstenaar († 1886).
- 1876 – Erich Raeder, admiraal en bevelvoerder van die Duitse Vloot († 1960)
- 1880 – Gideon Sundback, Sweedse uitvinder, word geassosieer met sy werk in die ontwikkeling van die ritssluiter († 1954).
- 1882 – Hugh Dowding, Skotse vegvlieënier († 1970)
- 1908 – Józef Gosławski, Poolse beeldhouer en medaljeur († 1963).
- 1909 – Bernhard Grzimek, Duitse outeur en dierebeskermer († 1987).
- 1930 – José Sarney, Brasiliaanse President.
- 1934 – Shirley MacLaine, Amerikaanse aktrise en outeur.
- 1936 – Jill Ireland, Britse aktrise († 1990)
- 1942 – Barbra Streisand, Amerikaanse sangeres, aktrise
- 1945 – Larry Tesler, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike († 2020)
- 1953 – Kallie Knoetze, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser.
- 1973 – Sachin Tendulkar, Indiese krieketspeler.
- 1986 – Jacques Potgieter, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
- 1342 – Pous Benedictus XII, die 197ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Avignon Frankryk (* 1285).
- 1731 – Daniel Defoe, Engelse skrywer (* 1660).
- 1864 – Franz Wilhelm Junghuhn, Duits-Nederlandse plantkundige en geoloog (* 1809)
- 1890 – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat (* 1831).
- 1963 – Rino Corso Fougier, Italiaanse lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1894).
- 1965 – Louise Dresser, Amerikaanse aktrise (* 1878).
- 1967 – Wladimir Komarof, Russiese ruimtevaarder aanboord Soyuz 1 (* 1927).
- 1974 – Bud Abbott, Amerikaanse akteur en komediant (* 1897).
- 1980 – W.E.G. Louw, Afrikaanse digter (* 1913).
- 1993 – Oliver Tambo, ANC-president, vryheidsvegter en politikus (* 1917).
- 1994 – Margot Trooger, Duitse aktrise (* 1923).
- 2012 – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violis (* 1975).
- 2013 – Laurie Kay, Suid-Afrikaanse vlieënier.
Vakansiedae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 April. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar